On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Kursus oor hoe om stres by herkouers te voorkom

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 17 May 2021

Kursus oor hoe om stres by herkouers te voorkom | News Article

Boere kan by kursusse aansluit om te leer hoe om stres by herkouer-diere te voorkom.

Dr Johan Cloete, tegniese veearts by MSD Animal Health, sê stres het ‘n negatiewe impak op die dier en voeg by dat boere altyd moet probeer om diere se stresvlakke so laag as moontlik te hou.

Sien onderstaande PODCAST

Hy nooi produsente uit om MSD Animal Health te kontak om meer uit te vind oor die stres voorkomingskursus wat hulle van tyd tot tyd aanbied.

Hierdie kursus, Creating Connections, help die produsent om diere op die regte manier te hanteer sowel as om die dier beter te verstaan en te leer wat vir die dier stresvol kan wees, “en dan ons gedrag aan te pas na die dier se gedrag en te verstaan as ons op ‘n sekere plek of posisie staan, as ons sekere bewegings doen, watter impak dit op die dier kan hê,” sê Cloete.

LEES: Stres by herkouers – simptome en nagevolge

Hy sê die doelwit van die kursus is om diere se hanteerders te leer dat stres by diere verminder kan word deur sekere dinge te doen. Produsente word ook geleer hoe die dier stres ervaar en beleef en hoe om hulle gedrag aan te pas om stresvlakke te verminder.

OFM-nuus het vroeër berig dat stres by herkouer diere soos bokke, beeste en skape ontstaan wanneer daar verandering in die dier se normale omgewing, waar hulle baie gemaklik is, plaasvind.

‘n Voorbeeld hiervan is wanneer diere van ‘n kamp na ‘n drukgang of hanteringsfasiliteit verskuif word vir inenting of om gedip te word.

Ander stressors is hitte en erge koue.

Vir meer inligting besoek MSD Animal Health se webtuiste.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.