On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

VS Brahman-boer praat oor uitdagings en tegnologie

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 19 May 2021

VS Brahman-boer praat oor uitdagings en tegnologie  | News Article
FOTO: VERSKAF

Kameras op jou plaas, wat as veiligheidsmaatreël vir onder meer diefstal gebruik word, kan ook die lewe vir jou op ander maniere vergemaklik.

Hannetjie Human, ‘n suksesvolle Brahman-boer uit die Kaallaagte-omgewing in die Vrystaat, sê sy kan op die kameras sien wanneer haar dam vol is en dan haar selfoon gebruik om pompe af te skakel. 

Sien onderstaande PODCAST

Human deel verder dat tegnologie haar in staat stel om te kan sien waar op die plaas die diere die heining gebreek het en wanneer die alarm by ‘n kraal afgaan, kan hulle dadelik sien wat aangaan.

Intussen deel sy ook wat haar uitdagings as boer is, en die droogte wat gedurende 2015/16 in die omgewing geheers het, is bo aan haar lys. “My ander uitdagings is dat ek my kudde moet verbeter. Ek het bulle gaan koop by [‘n plaas] naby die Botswana-grens om my kudde se temperament bietjie beter te kry… Nog iets waaraan ek wil werk is my kalfpersentasie – ek wil dit verbeter.

LEES: ‘Vandag boer ek met die koning van kruisteling’ - sê Brahman-boer

“Daar’s nog dinge wat uitdagings is, soos diefstal. Ons probeer dit bekamp deur kameras en alarms wat ons in ons krale aangeskaf het. Ons het ook kameras by ons hoofingange gesit,” verduidelik sy.

Verder moedig Human vroue, wat ook graag wil begin boer, aan om klein te begin. Sy sê baie groot boere het klein begin en het vandag kudde wat oor ‘n duisend koeie het.

“Nie al die geld in die wêreld nie, maar ‘n passie en ‘n liefde vir die landbou gaan jou help om ‘n sukses te maak. As jy bevoorreg is om op ‘n plaas te kan wees, onthou gras is gratis en dit groei elke jaar. Water is gratis, die riviere vloei, damme reën vol, sonkrag is verniet – bestuur net jou hulpbronne… Plant groente… Werk hard en wees trots op wat jy doen… Wees ‘n leier en ‘n voorbeeld en maak ander mense opgewonde oor jou boerdery.

“Mag hierdie net vir elkeen insipreer. Daar word in Spreuke 31 gepraat van hierdie vrou en mag dit jy wees: Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit, sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het,” sê sy verder.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.