On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 20 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

China is steeds 'n groot koper van nuwe seisoen Amerikaanse mielies.

Die etanol-produksie in die VSA het die afgelope paar weke toegeneem en die verwagting is dat hierdie tendens behoort voort te duur.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R10/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 233/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R14/ton laer verhandel om teen R3 382/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Argentynse produsente begin meer sojabone verkoop wat die internasionale mark onder druk plaas.

Die Amerikaanse sojaboonverwerking is besig om af te neem te midde van die laer voorraad wat in die VSA beskikbaar is.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R135/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 378/ton te sluit.


Koring:

Die sterker Amerikaanse dollar, tesame met die beter internasionale produksieverwagtinge, plaas die internasionale koringprys onder druk.

Die stroopproses van die Amerikaanse harde rooi winterkoring begin eersdaags en die omstandighede is tans gunstig.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R17/ton laer verhandel om teen R5 237/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.