On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 24 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag gemeng verhandel en het aanvanklik ondersteuning gevind, maar het later onder druk gekom en laer gesluit vir die dag.

In Frankryk word 93% van die mielie-oes in 'n goeie tot uitstekende toestand geskat.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R41/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 237/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R48/ton laer verhandel om teen R3 374/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die Amerikaanse mark het onder druk gekom nadat die Brasiliaanse produksie vir die seisoen hoër geskat is.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R125/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 141/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel, maar het meestal onder druk gekom.

Die EU se koringpryse het verlede week ook onder druk gekom met die beter produksie-omstandighede wat daar verwag word.

Die plaaslike koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R24/ton laer verhandel om teen R5129/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.