On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Nuwe voorstelle vir vuurwapens is irrasioneel, sê Agri SA

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 26 May 2021

Nuwe voorstelle vir vuurwapens is irrasioneel, sê Agri SA | News Article
FOTO: www.goldbergdevilliers.co.za

Landbou-organisasies soos Agri SA het hul kommer teenoor die voorgestelde wysigings vir vuurwapenlisensies uitgespreek.

Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir Landelike Veiligheid, sê om die Wet op die Beheer van Vuurwapens te wysig en selfverdediging as ’n geldige rede om ’n vuurwapen te besit uit te sluit, is onverantwoordelik en irrasioneel. 

Sien onderstaande PODCAST

Van der Westhuijzen sê landbougemeenskappe, soos dié wat in die platteland geleë is, is reeds baie kwesbaar. Hy voeg by dat aanvallers gewoonlik in groepe beweeg en in besit is van wapens soos pangas, R5’e, AK47’s en semi-outomatiese wapens. 

Die vraag wat dan volgens hom ontstaan, is hoe gaan hierdie gemeenskappe hulself verdedig?

Hy meen om die besit van vuurwapens vir selfverdediging te wysig, is sinneloos.

Agri SA voeg in ‘n verklaring by dat om die Wet op die Beheer van Vuurwapens te wysig en selfverdediging as ’n geldige rede om ’n vuurwapen te besit uit te sluit, is onverantwoordelik.

LEES: Landbou-organisasies kritiseer nuwe voorgestelde wapenlisensiewet

Ander voorstelle sluit in om voorsiening te maak vir voorwaardes waaronder 'n vuurwapenlisensie af en toe vir jag of sportskiet uitgereik mag word, en om voorsiening te maak vir die beperking op die aantal vuurwapenlisensies wat 'n jagter of sportskuts mag besit.

Die voorstelle is op 21 Mei in die Staatskoerant gepubliseer.

Verder meen Agri SA dat indien die voorstel oor selfverdediging deurgevoer word, sal dit veral boerderygemeenskappe benadeel omdat hulle in afgeleë gebiede woonagtig is en ver van ’n naaste polisiestasie is.

Intussen het Vrystaat Landbou (VL) vroeër die Vrystaat se misdaadstatistieke ten opsigte van plaasmoorde en –aanvalle in ‘n tydperk van vyf jaar bekend gemaak.

Die organisasie het uitgelig dat gedurende 1 April 2016 tot en met 31 Maart vanjaar 298 plaasaanvalle - wat 37 moorde insluit – in die provinsie plaasgevind het.

LEES: VS sien styging in plaasaanvalle en –moorde tydens #Covid19-inperking

Dr. Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, het gesê dat 143 kommersiële en opkomende boere in dié tydperk aangeval is, waarvan 16 vermoor is. Verder is 126 werkers aangeval, waarvan 14 vermoor is.

Daar is ook 24 persone aangeval wat op plase en of kleinhoewes woonagtig was, waarvan 6 vermoor is.

Sewe produsente, sowel as werkers, is in sewe insidente aangeval en in een insident is ’n produsent en werker albei vermoor. 

Daarmee saam sê Buys dat van die 88 dorpe in die provinsie se landbougemeenskappe, 71 gedurende die vyf-jaar periode deur ‘n plaasaanval geraak is.

Verder sê Agri SA dat hy met insette van sy lede-organisasies kommentaar sal lewer op die voorgestelde wysigings en, waar nodig, met ander organisasies saamwerk om wysigings tot nadeel van mede Suid-Afrikaners teë te staan.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.