On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 27 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het die afgelope week skerp onder druk gekom.

Die druk op die Amerikaanse mieliemark kan grootliks toegeskryf word aan beter produksieomstandighede, asook 'n regstelling nadat die mark skerp toegeneem het die laaste tyd.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 046/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel om teen R3 177/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark is ook meer onder druk weens die beter produksietoestande en tempo van aanplantings.

Die Argentynse werkers by die hawens het met 'n 2-dag staking begin, wat die uitvoer van sojabone asook sojaboonmeel negatief kan beïnvloed.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R61/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 152/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark volg die tendens van die Amerikaanse mielie- en sojaboonmark en is onder druk.

Die beter produksietoestande in die VSA verhoog die produksieverwagtinge wat ook die mark onder druk plaas.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R14/ton laer verhandel om teen R5 110/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.