On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 28 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister weer goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die ondersteuning in die Amerikaanse mieliemark kan grootliks toegeskryf word aan die goeie uitvoerverkope wat hierdie week gerapporteer is.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R15/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 061/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R13/ton hoër verhandel om teen R3 190/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister vir die eerste keer in die afgelope 8 verhandelingsessies weer ondersteuning gevind.

Die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week was nader aan die onderkant van die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 053/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die weeklikse koring-uitvoerverkope was redelik in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R36/ton laer verhandel om teen R5 085/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.