On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 01 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mielieaanplantings het baie goed gevorder en die aanplantings tot op datum is meer as die gemiddelde tempo.

Die weerstoestande in Amerika sal die grootste bepaler van die internasionale pryse wees oor die volgende 2 tot 3 maande.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R49/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 204/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R39/ton hoër verhandel om teen R3 324/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse jaar tot datum sojaboon-aanplantings het goed gevorder en meer as die gemiddelde tempo is reeds aangeplant.

Die Amerikaanse weerstoestande in die sojaboon produksiegebiede lyk tans beter, maar die volgende twee tot drie maande sal belangrik wees vir goeie weerstoestande.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R59/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 255/ton te sluit.


Koring:

In Rusland is die verwagte koringproduksie vir die seisoen opwaarts aangepas tot 79.5 miljoen ton.

Die verwagte toename in die Russiese koringproduksie vir die seisoen kan grootliks toegeskryf word aan hoër aanplantings en goeie produksie-omstandighede.

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het terwyl ander ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R22/ton laer verhandel om teen R5 070/ton te sluit.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.