Agri Hour
Suikerbedryf bereik nuwe hoogtes─── ELZETTE BOUCHER 05:00 Thu, 03 Jun 2021
Suikerriet word nie net gebruik in voedsel en lekkernye nie, dit kan ook verwerk word om biobrandstof te produseer wat selfs vir lugvaart aangewend kan word.
Sien onderstaande PODCAST
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging en die Rondetafel oor Volhoubare Biomateriaal het onlangs gesamentlik aangekondig dat die bedryf inderdaad die vermoë het om sowat 433-miljoen liter biobrandstof per jaar te produseer om lugvaart aan te dryf.
Thomas Funke, die hoof-uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging sê hierdie bevindings kom op 'n tydstip waar die suikerbedryf op sy knieë is as gevolg van die daling in die wêreld se suikerpryse, die swak beskerming teen goedkoop invoer, en 'n groot daling in die plaaslike vraag na suiker weens die instelling van die suikerbelasting.
OFM-nuus
