Agri Hour
SA wolmark mag dalk grootliks sywaarts beweeg─── 05:00 Fri, 04 Jun 2021
Daar is nog net een wolveiling in hierdie wolseisoen oor en gesamentlik met die Australiese wolmark se verbetering, word daar verwag dat die plaaslike wolmark grootliks sywaarts sal beweeg en selfs effens kan versterk.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê danksy die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, het die Suid-Afrikaanse wolmark 2% beter presteer as die Australiese mark, wat inderdaad positief is. Hy voeg by dat die vertoning van die plaaslike geldeenheid gedurende die volgende week egter 'n beduidende rol sal bly speel.
Victor sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, 4,9% hoër is in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor deel dat produsente kennis moet neem dat die laaste wol-inweegdatum van die seisoen op 12 Mei is - dit is vir katalogus CA34.
Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 9 Junie 2021 - wat dan ook die laaste veiling van die huidige wolseisoen is.
OFM-nuus
