On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

2021 Nampo Oesdag gekanselleer, maar organisasie sien uit na 2022

───   05:00 Mon, 07 Jun 2021

2021 Nampo Oesdag gekanselleer, maar organisasie sien uit na 2022 | News Article

Graan SA se bekende jaarlikse landbou-handelskou, die Nampo Oesdag, is amptelik gekanselleer ná 'n aankondiging deur die organisasie.

Dirk Strydom, Bestuurder van Graanekonomie en Bemarking by Graan SA, sê nadat dit aanvanklik uitgestel is en vir 17 tot 20 Augustus 2021 geherskeduleer is, het die nuutse regeringsbeleid en inperkingsriglyne die organisasie met geen alternatief gelos nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Strydom sê ná dié uitstel - met meer as 750 uitstallers wat aan dié landbouskou deelneem - stel hulle nou hul visier in op Mei 2022. Die Nampo Kaap skou, wat aanvanklik vir 8-10 September in Bredasdorp, Wes-Kaap, geskeduleer was en die Nampo Alfa-skou, wat ook vir 30 September geskeduleer was, is ook gekanselleer. 

Dit sal heroorweeg word indien regeringsregulasies gewysig word. In 'n verklaring het die organisasie beklemtoon dat die toename in Covid-19-gevalle, wat gelei het tot verdere beperkings op buitelugbyeenkomste, komplekse uitdagings bied om die Oesdag aan te bied. In die belang van alle besoekers, personeellede, uitstallers en die plaaslike gemeenskap se gesondheid en veiligheid, is die geleentheid gekanselleer.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die Nampo Oesdag weens die pandemie gekanselleer is. Die uitvoerende hoof van Graan SA, Jannie de Villiers, sê die besluit om enige geleentheid te kanselleer of uit te stel, veral die Nampo Oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond, is nie 'n maklike besluit vir enige organisasie nie. 

Gebeure van hierdie skaal vereis beduidende beleggings wat betref tyd en hulpbronne deur die organiseerders, goedkeuringsinstansies op plaaslike en nasionale vlak, uitstallers en diensverskaffers, en 'n besluit oor of Nampo 2021 moet voortgaan, moes betyds geneem word, voeg De Villiers by. “Die Nampo Oesdag benodig maande se beplanning van die organisasie en sy uitstallers, en omdat baie van sy vennote/rolspelers steeds deelname aan en bywoning van geleenthede verbied, was die besluit om die geleentheid te kanselleer weer eens 'n noodsaaklike besluit,” sê Strydom.



OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.