On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 08 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark verhandel steeds sterk met die droë en warm toestande wat in groot gedeeltes van die VSA heers.

Die weerstoestande in die VSA sal 'n baie groot rolspeler in die pryse wees vir die volgende paar weke.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R47/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 343/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R63/ton hoër verhandel om teen R3 481/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark verhandel ook sterk en word ondersteun deur die hittegolf wat die naweek in die VSA geheers het. 

Die Amerikaanse sojaboonvoorraad is steeds baie laag en dit hou ook die mark sterk.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R73/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 /ton te sluit.

 

Koring:

Die produksietoestande in Rusland is tans goed en die verwagting is dat Rusland 'n groot rolspeler in die internasionale koringuitvoermarkte sal wees.

Die sterker pryse van ander grane ondersteun ook die wêreld koringprys ten spyte van die goeie internasionale produksieverwagtinge. 

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R31/ton hoër verhandel om teen R5 123/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.