Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 10 Jun 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse etanol-produksie het verlede week die hoogste vlak sedert die aanvang van die pandemie bereik.
Die reën wat oor gedeeltes van die Amerikaanse Midde Weste voorgekom het, het verligting vir die produksie-omstandighede en Amerikaanse pryse gebring.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 231/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel om teen R3 376/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het onder druk gekom met die handelaars wat hulself posisioneer vir die nuutste WASDE-verslag.
Die Amerikaanse sojaboonproduksietoestande was swakker as wat verwag was.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R71/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 300/ton te sluit.
Koring:
In Kanada het die droogtegeteisterde koringproduksiegebiede reën ontvang wat gunstig is vir die produksie.
Die Amerikaanse produksietoestande vir koring het ook verbeter en die verwagtinge vir die seisoen lyk goed.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021,R355/ton laer verhandel om teen R5 995/ton te sluit.
OFM-nuus
