On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: Agri NK stel droogte bewusmakingsvideo bekend - VIDEO

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 22 Jun 2021

#LandbouHoop: Agri NK stel droogte bewusmakingsvideo bekend - VIDEO | News Article
VIDEO SCREENSHOT

Ter viering van Wêreld woestynvormingsdag, wat jaarliks op 17 Junie plaasvind, het Agri Noord-Kaap ‘n inligtingsvideo bekendgestel om die erge droogtetoestande in die provinsie aan die breë gemeenskap ten toon te stel.

Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê sowat 50% van die provinsie se oppervlakte is nog in erge droogtetoestande vasgevang. 

Sien onderstaande PODCAST

Jansen sê Wêreld-woestynvormingsdag is deur die Verenigde Nasies (VN) in 1984 ingestel. Hierdie dag se doel is om bewusmaking by die publiek te kweek rakende woenstynvorming en die stryd daarteen, sowel as die implementering van die VN se konvensie om verwoestyning te bekamp.

Jansen verduidelik dat hierdie droogte-video, genaamd ‘The Devastation of Drought’, meer daarop gerig is om die publiek bewus te maak van wat die omstandighede in hierdie gebiede werklik is.

“Die boere wat daar boer en probeer oorleef, het nie die omstandighede self oor hulle gebring nie. Dis nie die toedien van swak keuses of uitspattige lewenstyle wat boere daar laat uitboer nie. Dit is ‘n ramp wat die gebied daar tref soos ‘n Knysna-brand, ‘n Kaapse vloed of ‘n Kimberley-haelstorm.

“Mense kan dalk redeneer dat dit ‘n keuse is om daar te boer – dis egter nie so eenvoudig nie. Die inwoners van die Noord-Kaapse platteland kom oor geslagte heen,” deel Jansen.

Hy sê dit is in die inwoners en regering se belang dat die bevolking wat in hierdie droogtegeteisterde gebiede boer daar moet kan leef en oorleef. Hy herinner die publiek ook dat hierdie gebiede ook die basis vir kleinvee rooivleisproduksie in die land is en ‘n belangrike deel uitmaak van rooivleis in Suid-Afrika.

Vir meer inligting oor hoe om skenkings te doen om boere in droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap te hulp te staan, besoek Agri Noord-Kaap se Facebook-blad of besoek hulle webblad.   




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.