On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 25 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark is onder druk weens beter as verwagte weerstoestande oor die naweek.

Die verliese in die Amerikaanse mark word beperk deur die Amerikaanse uitvoer wat seisoenaal hoër is.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R62/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 968/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R47/ton laer verhandel om teen R3 126/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark is ook onder druk weens die beter as verwagte weerstoestande vir die naweek. 

Beide die Amerikaanse sojaboonolie- en -meelpryse verhandel laer. 

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R55/ton laer verhandel vir die dag om teen R970/ton te sluit.

 

Koring:

Die verwagting is dat die Amerikaanse lentekoringproduksie laer sal wees weens ongunstige weerstoestande wat oor groot gedeeltes van die produksiegebied geheers het hierdie seisoen.

Die verwagting is dat die EU se koringproduksie vir die seisoen laer behoort te wees, maar die uitvoer meer as die vorige seisoen. 

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R88/ton hoër verhandel om die dag teen R5 180/ton af te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.