On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

SAPD versoek om ondersoek in #BrendinHorner-moordsaak op te skerp

───   ELSABÉ RICHARD 08:43 Fri, 25 Jun 2021

SAPD versoek om ondersoek in #BrendinHorner-moordsaak op te skerp | News Article
FOTO: VERSKAF

Twee verdagtes, wat in hegtenis geneem is vir die moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner, in die Paul Raux-omgewing in die Vrystaat in 2020, is vandeesweek borgtog toegestaan.

Dit volg nadat DNS-uitslae van die bloed op hulle klere nie ooreengestem het met Horner se bloed nie. Dr Jane Buys,veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), sê die organisasie versoek dat die provinsiale polisie die saak herevalueer. 

Sien onderstaande PODCAST

Buys deel in ‘n verklaring wat deur die organisasie uitgereik is, dat dit wil dit voorkom asof daar nog uitstaande bewyse is wat aan die ondersoekbeamptes beskikbaar gestel moet word.

Sy sê daarom is VL en die landbougemeenskap van Paul Roux van mening dat die twee beskuldigdes nie alleen by die moord betrokke was nie. “Die inligting het deel gevorm van 'n dokument wat Herkie Viljoen, voorsitter van die Bethlehem Beheerkamer en plaaswag, in Oktober 2020 aan die Minister van Polisie oorhandig het met die versoek dat 'n taakspan daargestel word ten einde die moord en georganiseerdheid van veediefstal te ondersoek.

“Daar is ook versoek dat die moontlike betrokkenheid van polisielede by die tipe misdade in die area ondersoek word.  Na wat verneem word, wil dit voorkom asof daar maandeliks terugvoer deur die taakspan aan die landbougemeenskap van Bethlehem/Paul Roux gegee word. VL is egter van mening dat daadwerklike aksiestappe ontbreek om arrestasies en 'n deurbraak te bewerkstellig,” sê Buys.   

Verder rig Francois Wilken, president van VL, ‘n versoek aan die kantoor van die Provinsiale Kommissaris, Baile Motswenyane en die Minister van Polisie, Bheki Cele, dat ‘n indiepte ondersoek gedoen word om te bepaal of daar nog enige uitstaande bewyse is om die twee beskuldigdes en moontlik bykomende oortreders met die moord te verbind.  

“Die slagoffer en hul families in dié moord en so ook elke ander moord in die land, verdien die beste ondersoek in sodanige sake. Ondersoek deur die SAPD moet lei tot suksesvolle vervolging en vonnisoplegging in die howe en nie net besoeke en die betuiging van simpatie aan familielede nie,” sê Wilken in ‘n verklaring.

OFM-nuus het vroeër berig dat die staat se DNS-toetsuitslae van bloedmonsters, wat uit een van die beskuldigdes se klere geneem is, negatief teruggekom het en nie ooreengestem met Horner se bloed nie.

Die Senekal-landdroshof het Dinsdag 22 Junie beslis dat die eerste beskuldigde, Sekwetja Mahlamba, en die tweede beskuldigde, Sekola Matlaletsa, borgtog moet kry op grond van die genoemde nuwe feite. Hulle is borgtog van R5 000 elk toegestaan.

Die verdedigingsadvokaat, Machini Motloung, het aan OFM-nuus gesê die saak teen die twee is nou oorgedra na die Rondgaande hof in Bethlehem, waar 'n voorverhoor op 23 Augustus 2021 begin.

Die twee staan tereg op aanklagte van roof, moord en veediefstal ná die moord op Horner in Oktober 2020.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.