On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Basiese beginsels van saadopberging

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 29 Jun 2021

Basiese beginsels van saadopberging | News Article
Foto: sagrainmag.co.za

Dit is belangrik dat produsente die nodige beginsels van saadopberging in ag moet neem.

Die wyse waarop saad geberg word, speel ‘n groot rol in die kwaliteit van die saad.

Sien onderstaande PODCAST 

OFM-nuus het met Pieter Craven, Verkoops- en Bemarkingsbestuurber van Sensako, oor saadopberging sowel as sy wenke vir ‘n goeie saadstoor gepraat…


Wat word beskou as goeie gehalte saad?

“Om dit eenvoudig te stel is goeie gehalte saad, saad wat opkom en saailinge vestig as dit geplant is. Maar as jy meer spesifiek moet wees, dan moet dit voldoen aan die vereistes van die nasionale saadsertifiseringskema. Die belangrikste van hierdie vereistes is ‘n voldoende ontkiemingspersentasie… ook die hoeveelheid gebreek- en insek beskadigde saad moet binne toleransie wees.

“[Daar] word ook intern by Sensako gekyk na siektebesmetting en ander faktore om seker te maak dat ons die beste moontlike saad vir die boere kan gee.”


Hoe kan gehalte/kwaliteitsverlies verhoed word?

“Saad is ‘n biologiese produk en daarom is kwaliteitsverlies op die langtermyn totaal en al onafwendbaar – dit gaan gebeur. Die goeie nuus is dat 'n mens dit deur goeie opbergingspraktyke kan bestuur en sodoende hierdie agteruitgangsproses van die saad kan vertraag.”


Wat is die faktore wat saadkwaliteit tydens saadberging kan beïnvloed?

“Wanneer die saad klaar verberg en verpak is, is daar nie meer veel wat jy aan die fisiese monster kan doen nie, maar daar is dan basies twee van hierdie kwaliteitvereistes wat [ek] vroeër genoem het, wat ons moet bestuur tydens opberging. Dit is insek- en knaagdierskade en dan natuurlik kiemkragtigheid en ontkiemingspersentasie.

“Die faktore wat hier in ag geneem moet word, is jou plaagbeheerpraktyke en jou algemene netheid van jou stoor om hierdie insek- en knaagdierskade te beheer sodat jy nie meer gebreekte pitte in jou monsters sal kry nie, en ook nie die hoeveelheid saad wat opkom, kan benadeel nie.

“Dan moet jy jou kiemkragtigheid bestuur. Daarvoor moet 'n mens kyk na jou stoor se isolasie, die deurligting van jou stoor en natuurlik jou stoortemperatuur en humiditeit - hier kan ons na die 60-reël kyk.

“Die 60-reël is die som van stoortemperatuur in grade Celsius en humiditeit in persentasie lugvog. So, jy wil graag hê dat albei saam vir jou 60 moet gee. Goeie stoortoestande sal byvoorbeeld wees om ‘n stoor by 10 grade Celsius en 50% relatiewe humiditeit te hê…  Hoe warmer ‘n stoor word, hoe droër moet die lug wees. 

Dit is ‘n goeie manier om ook jou stoortoestande te bestuur en sodoende die kiemkragtigheid van jou saad so lank as moontlik te beskerm.”


Watter beginsels moet produsente toepas om saadberging te fasiliteer?

“Vir my is daar vier belangrike beginsels van saadopberging. Die eerste is jou stoor beplanning, jou stoor bestuur, sanitasie en die bestuur van die stoor tydperk van jou saad.

“Met stoorbeplanning kyk ‘n mens na die uitleg van jou stoor [en] die grote van jou stoor. Maak seker dat daar genoeg spasie is vir beweging vir ‘n mens rondom [die stoor], met goeie deurligting en die materiaal waarmee jy die stoor gaan bou [sowel as] die isolasie wat jy nodig het. Wanneer die stoor klaar gebou is, is dit dan natuurlik jou stoorbestuur wat belangrik is.

“Sanitasie is baie belangrik… maak seker die stoor is altyd netjies en skoon en daar is nie goed wat gediertes kan lok nie.

“[Laastens], ek hou van die ‘eerste in eerste uit’-beginsel - saad wat verwerk word as hulle in die stoor inkom om hulle eerste te verkoop en op die plaas te kry, sodat [produsente] nie [baie] sakkies het wat vir jare lê nie… want hulle lok in die tussentyd peste en plae.”


Wat is jou wenke vir die ideale saadstoor?

“Saad wil nie direkte sonlig hê nie, so verkieslik moet jy ‘n stoor hê wat nie vensters het nie en wat goeie ligte het. Jou stoor moet droog wees. Pasop dat die dak nie lek nie dat daar nie water op jou saad kan kom nie. Sit [die saad] op ‘n pallet as daar water op die vloer is. Temperature moet beheer word. Vermy temperatuurskommeling. [Produsente] moet hulle store baie goed isoleer…

“En dan natuurlik, effektiewe insek en plaagbeheer. Maak seker jou stoor is altyd skoon. Probeer om nie kunsmis en chemikaliëe by jou saad te stoor nie.”



OFM-nuus 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.