On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 29 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus  | News Article
Foto: InnerSelf.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark is tans baie volatiel en word grootliks gedryf deur weerstoestande in die VSA. 

Die verwagting is dat die produksietoestande in die VSA sal begin stabiliseer met die reën wat oor groot gedeeltes van die produksiegebiede voorkom.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R53/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 985/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R56/ton laer verhandel om teen R3 122/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark is ook grootliks afhanklik van die weerstoestande in die VSA en dit hou die pryse wisselvallig.

Die verwagting is dat die Amerikaanse sojaboon-oppervlakte wat hierdie seisoen aangeplant is, aansienlik meer sal wees as die vorige seisoen se oppervlakte aangeplant.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R40/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 025/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark bied goeie koopgeleenthede nadat veral die winterkoringmark verlede week skerp onder druk gekom het.

Taiwan het gister ongeveer 54 000 ton se koring aangekoop op 'n internasionale tender.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R335/ton hoër verhandel om die dag teen R5 150/ton af te sluit.


OFM-nuus 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.