Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 01 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse kwartaallikse mielievoorraad is ongeveer 17% laer as die vorige seisoen se voorraad teen dieselfde tyd van die jaar.
Die Amerikaanse mielie-aanplantings vir die seisoen is ongeveer 3% meer as wat aanvanklik verwag is.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R22/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 069/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R23/ton laer verhandel om teen R3 199/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse kwartaallikse sojaboonvoorraad is ongeveer 43% laer as die vorige seisoen se voorraad teen dieselfde tyd van die jaar.
Die Amerikaanse sojaboon-aanplantings vir die seisoen is ongeveer 1.5% meer as wat aanvanklik verwag is.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R8/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 100/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse kwartaallikse koringvoorraad is ongeveer 16% laer as die vorige seisoen se voorraad teen dieselfde tyd van die jaar.
Die Amerikaanse koring-aanplantings vir die seisoen is ongeveer 0.9% laer as wat aanvanklik verwag was.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R38/ton laer verhandel om die dag teen R5 117/ton af te sluit.
OFM-nuus
