Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 07 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
In Brasilië is ongeveer 12% van die opvolg mielie-oes reeds gestroop.
Die seisoen in Brasilië was later as normaal weens droë toestande wat tydens planttyd geheers het. Die koue, wat onlangs voorgekom het, sal negatief wees vir die produksieverwagtinge.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R38/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 193/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R47/ton laer verhandel om teen R3 342/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse weerstoestande en produksievorderingsverslag sal belangrike inligting wees vir die sojaboonpryse in die VSA hierdie week.
In Argentinië beplan die regering om hoër belasting te hef op uitvoerskepe wat die vervoerkoste vanaf Argentinië sal verhoog. Argentinië is 'n groot uitvoerder van sojaboonprodukte.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R54/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 450/ton te sluit.
Koring:
Die internasionale koringpryse het onder druk gekom met hoër produsente verkope in Europa.
Die koring-stroopproses in Rusland is aan die gang en daar word tot dusver rekord opbrengste gerapporteer.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R30/ton laer verhandel om die dag teen R5 110/ton af te sluit.
OFM-nuus
