On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 08 Jul 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: Photoxpress

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 64% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 64% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting, maar laer as die vorige jaar se 71% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R79/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 113/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R77/ton laer verhandel om teen R3 263/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 59% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 59% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se 60% en ook laer as die vorige jaar se 71% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R181/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 260/ton te sluit.

 

Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 47% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 47% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se 48%, en swakker as die vorige jaar se 51% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021,R11/ton laer verhandel om teen R5 099/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.