Agri Hour
Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse─── 05:00 Thu, 15 Jul 2021

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Sien onderstaande PODCAST
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,07 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,88 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,42 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste R28,30 per kg
B-klas beeste R25,17 per kg
C-klas vet koeie R23,61 per kg
Maer koeie Wissel van R18,00 na R21,00 per kg
Slagbulle R24,51 per kg
Skape
Stoorlammers R52,50 per kg
Slaglammers R43,56 per kg
Stoorskape R34,25 per kg
Vetskape R32,77 per kg
Bokke
Lammers R56,98 per kg
Ooie R39,38 per kg
Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.
OFM-nuus