On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Veediefstal – ‘n groot kommer in VS

───   05:00 Mon, 19 Jul 2021

Veediefstal – ‘n groot kommer in VS | News Article

Agt veediefstal verdagtes, waaronder vyf polisiebeamptes, het in die Ladybrand-landdroshof in die Vrystaat verskyn.

Isabel Kruger, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie se Veediefstalforum, sê hulle inhegtenisneming volg nadat daar verlede jaar 'n versoek aan die minister van polisie, Bheki Cele, gerig is om 'n taakspan op die been te bring om klagte van polisiekorrupsie en veediefstal in die Bethlehem-omgewing te ondersoek. 

Sien onderstaande PODCAST

Kruger deel dat daar 'n moontlikheid van meer inhegtenisnames op hande is, aangesien daar nog name is wat in veediefstalsake geïmpliseer kan word. 

OFM-nuus het vroeër berig dat twee veespekulante, wat saam met vyf polisiebeamptes op aanklagte van veediefstal in hegtenis geneem is, weer op 22 September in die Ladybrand-landdroshof sal verskyn. Hulle hofverskyning volg nadat hulle Donderdag 15 Julie op borgtog van R10 000 vrygelaat is nadat hulle Woensdag 14 Julie deur die Valke in hegtenis geneem is. 

Volgens die provinsiale woordvoerder van die Valke, Christopher Singo, is die polisiebeamptes elk op borgtog van R2 000 vrygelaat en sal hulle in September saam met die veespekulante in die hof verskyn. 

Hy voeg ook by dat 'n agtste verdagte in die saak, wat van Lesotho afkomstig is, op Woensdag 21 Julie in die genoemde hof verwag word vir regshulp en 'n borgtogaansoek.

Kruger deel dat boere verlede jaar hulle kommer uitgespreek het dat veediefstal baie hoog is en dat hulle vermoed van die SAPD-lede betrokke by dié misdaad is. Sy deel dat die forum, saam met Vrystaat Landbou (VL), met boere sowel as SAPD-lede vergader het en 'n verslag is saamgestel.

Hierdie verslag is verlede jaar tydens 'n vergadering aan die Valke oorhandig, "en dan het ek ook self die verslag Pretoria toe gevat om [dit] aan van die senior offisiere te oorhandig," sê Kruger. Cele het ook hierdie verslag ontvang.

Verder verduidelik sy dat veediefstal 'n enorme impak op die landboubedryf, sowel as boere en hulle gesinne het. 

Kruger doen 'n beroep op boere om seker te maak dat hulle hulle diere merk. "Ons hamer baie daarop om te sê 'sorg dat julle diere gebrandmerk is of getatoeër is' volgens die basiese Wet op Veediefstal, want ons kry ook redelik baie diere terug wat dan glad nie gemerk is nie, dan kan ons dit nie aan die eienaar teruggee nie."



OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.