On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Nóg ‘n bitterkoue week lê voor

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 20 Jul 2021

Nóg ‘n bitterkoue week lê voor | News Article
FOTO: ASHLEY RICHARD

Sentraal Suid-Afrikaners kan van vanmiddag (Dinsdag) af weer baie lae temperature verwag.

Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê hierdie koue toestande kan tot Vrydag voortduur en dat inwoners moet kennis neem dat sterk winde weer kan voorkom. 

Sien onderstaande PODCAST

Verwagte temperature vir die res van die week kan tot onder minus vyf grade Celsius daal, met ‘n moontlikheid van sneeu oor die suidelike dele van die land.

Van den Berg bevestig dat die afgelope week die koudste week van die jaar was en sê sommige gebiede het tot onder minus 10 grade Celsius ervaar.

Hierdie koue toestande is redelik normal vir Junie/Julie-maande. “Dit is eintlik baie goed dat die temperature nou laag is dat mens nie meer so ‘n laat winter kan verwag nie,” sê Van den Berg.

Daar is baie boere wat nou besig is om wol te skeer, en hy waarsku hierdie boere om versigtig te wees en kaalgeskeerde diere teen die koue te beskerm.

Nóg ‘n waarskuwing is dat sterk winde weer verwag word, wat uiters gevaarlik is vir die verspreiding van veldbrande. Van den Berg se waarskuwing volg nadat dele van die Vrystaat verlede week deur veldbrande verwoes is. Sommige boere het alles verloor.

LEES: Landbounuus-podcast: Vrystaat deur veldbrande geteister

Hy raai boere aan om planne in plek te hê indien veldbrande op hulle eiendom sou ontstaan.

Wat reënval betref, het gebiede soos Springbok in die Noord-Kaap en selfs verder noord reën ontvang. Daar ontstaan ook nog ‘n moontlikheid dat reën in die suidelike dele van die provinsie kan voorkom.

Van den Berg sluit af deur by te voeg dat hierdie reën goed is vir die blomme wat gewoonlik later in die jaar in die Namakwaland-streek bloei – iets waarna baie toeriste uitsien.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.