On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Eienaars trots nadat Beefmaster-bul vir rekordprys verkoop

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 21 Jul 2021

Eienaars trots nadat Beefmaster-bul vir rekordprys verkoop | News Article
FACEBOOK - VLEISSENTRAAL BETHLEHEM

‘n Beefmaster-bul van Bos Blanco-boerdery in Kroonstad in die Vrystaat, het onlangs vir ’n rekordprys van R1,1 miljoen op ‘n veiling verkoop.

Dennis Staal, wat saam met sy broer Bernie die boerdery bestuur, sê hulle is trots en skryf hulle sukses toe aan jare se harde werk. 

Dié familieboerdery se hooffokus is nie net stoetboerdery nie maar ook kommersiële beeste sowel as saaiboerdery. 

Kyk hier na video van Beefmaster-bul van Bos Blanco-boerdery in die Vrystaat wat rekordprys op veiling behaal het. 

Hulle het in 1991 met die Beefmaster en Brahman-stoeterye begin en daarmee saam was intensiewe denkrigtings en genetiese beplanning aan die orde van die dag.

Staal sê die Beefmaster-bul, wat volgens Vleissentraal Bethlehem deur Chris van Heerden van Bronkhorstspruit gekoop is, is baie goed lyngeteel en sal nou deur sy seuns vervang word.

Dié bul is nie die enigste bul van Bos Blanco wat vir ‘n rekordprys verkoop het nie. Die vorige bul, wat ook uit dié stoetery gekom het, het vir R600 000 verkoop.

Wanneer Staal gevra word watter advies of reëls daar is om die perfekte bul te teel, het hy gelag en gesê daar is nie 'n goue reël wat gevolg word nie. Dit is ook nie so eenvoudig soos mense mag dink nie, “dis baie beplanning, baie probeer en baie mislukkings…” verduidelik Staal.

Luister na die volle onderhoud:



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.