Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 23 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
Die Amerikaanse uitvoerverskepings vir die week was 22% laer as die vorige vier weke se gemiddelde uitvoerverskepings.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 250/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R93/ton laer verhandel om teen R3 410/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en tussen 1.6% en 2% laer gesluit vir die dag.
Die Amerikaanse sojaboon uitvoerverskepings was 17% laer as die vorige week se uitvoerverskepings en 19% laer as die vorige 4 weke se gemiddeld.
Die plaaslike sojaboonmark het onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R111/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 662/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het meestal laer gesluit vir die dag.
Die Amerikaanse koring uitvoerverskepings was 29% meer as die vorige week se uitvoerverskepings.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R24/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 022/ton te sluit.
OFM-nuus
