Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 26 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het ongeveer 3% laer gesluit vir die dag.
Die Amerikaanse weervoorspelling vir die volgende paar weke lyk beter met natter en koeler as verwagte weer wat positief sal wees vir die produksie-omstandighede.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R45/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 292/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R43/ton hoër verhandel om teen R3 450/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het ongeveer 1% laer gesluit vir die dag.
Die verliese wat Vrydag in die Amerikaanse sojaboonmark gesien is, is wel deur groot uitvoerverkope wat deur private uitvoerders aan die USDA gerapporteer. Dit is vir lewering aan Mexiko.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R43/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 697/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het ongeveer 2% laer gesluit vir die dag.
Die druk op die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoeleffek vanaf die laer mielie- en sojaboonmark.
Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander ondersteuning gevind het en hoër gesluit het vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R18/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 038/ton te sluit.
OFM-nuus
