Agri Hour
Naspeurbaarheid en bioveiligheid noodsaaklik vir SA se beesvleisbedryf─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 27 Jul 2021
Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van die Beefmaster-groep, sê dis belangrik dat Suid-Afrika behoorlike naspeurbaarheidstrukture en bioveiligheidsmaatreëls moet hê.
Sien onderstaande PODCAST
Van Reenen sê strukture het vordering gemaak, maar dat daar nog baie werk voorlê in terme van biosekuriteit en naspeurbaarheid.
Met dit gesê, sê hy het veral naspeurbaarheid in Suid-Afrika nog aandag nodig.
Hy verduidelik dat wanneer daar na biosekuriteit gekyk word, is dit ‘n waardevolle element vir die rooivleisbedryf vir die bekamping van dieresiektes soos bek-en-klouseer.
Bek-en-klouseer is meer as ‘n maand gelede in KwaZulu-Natal gerapporteer en dit het produsente en die bedryf opnuut herinner aan die belangrikheid van die implementering van biosekuriteitsmaatreëls en om ‘n naspeurbaarheidstelsel in plek te hê.
Van Reenen sê die uitbraak van bek-en-klouseer in Limpopo in 2019 het daartoe gelei dat kuddewaarde in Suid-Afrika met sowat 30% afgeneem het vir ‘n periode van ses maande. “So, as ons na dit kyk as ‘n maatstaaf en die industrie wat beïnvloed was daardeur, [raak dit] nie slegs die vleisverpakker of die voerkraal nie – dit [raak almal] regdeur tot onder op die primêre produsent.”
Hy noem dat dit nie net die Departement van Landbou se verantwoordelikheid is om dieresiektes hok te slaan nie, maar ook ander rolspelers in die rooivleisbedryf. Dit sluit onder meer die boer en lewendehawe-agente in.
OFM-nuus
