On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Suiwelboere in trane weens roumelk wat hulle moes uitgooi gedurende KZN-onrus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 28 Jul 2021

Suiwelboere in trane weens roumelk wat hulle moes uitgooi gedurende KZN-onrus  | News Article
Foto: news24.com

Suiwelprodusente in KwaZulu-Natal (KZN) produseer sowat 27% van Suid-Afrika se melk.

Van hierdie boere moes onlangs, weens onrus in daardie provinsie, duisende liters roumelk uitgooi omdat hulle nie die melk betyds by prosesseerders kon kry nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Nico Fouché, hoof uitvoerende beampte van Melk SA, beklemtoon dat alhoewel 27% van die land se melk in KZN geproduseer word, is nie al hierdie suiwelprodusente deur die onrus geraak nie en daarom gaan dit nie die breër publiek raak nie.

Hy verduidelik ook dat roumelk baie bederfbaar is en dat sommige boere nie die nodige kapasiteit het om die melk te verwerk en te verpak nie, en dis hoekom hulle genoop was om van die melk ontslae te raak.

Volgens Fouché het hierdie gebeure net weer bewys hoe veerkragtig die bedryf en die land se boere is en hoe gemeenskappe kan saamwerk in tye van nood.

Die Departement van Landbou is tans besig om die situasie daar te assesseer.

LEES: #SAunrest affects milling of sugar cane

OFM-nuus het vroeër berig dat die suikerbedryf in KZN ook negatief deur die onrus geraak is. Aan die begin van die onrus was die suikerbedryf te midde van die oesseisoen.

Hoe meer dae daar verbygaan dat suikerriet nie gemaal word nie, hoe meer verswak die kwaliteit en kan dit uiteindelik verlore gaan.

Thomas Funke, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse rietkwekersvereniging, het dit aan OFM-nuus meegedeel dat duisende ton suikerriet gemaal moes word toe die onrus uitbreek, wat daartoe gelei het dat die potensiële inkomste wat verlore kon gaan, miljoene rande beloop het.

Die Amatikulu-suikermeule in Gingindlovu was onder streng toesig deur wetstoepassers en die boeregemeenskap na aanleiding van berigte dat betogers dit teiken. Funke het gesê dat die meule deur boere, veiligheidswagte, militêre personeel en die polisie bewaak is, sou die meul inderdaad geteiken word.

Onrus het in KZN geheers toe die voormalige president, Jacob Zuma, sy gevangenisstraf van 15-maande by die Estcourt-gevangenis begin uitdien het. Zuma het homself vroeër vandeesmaand by hierdie gevangenis oorgegee en chaos het dae daarna uitgebreek.

Onrus het ook later na Gauteng versprei.

Dit is nie net boere wat hierdeur geraak is nie, maar ook plaaslike besighede en padgebruikers toe chaos tot ‘n week gelede in die provinsie geheers het.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.