On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 05 Aug 2021

Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Sien onderstaande PODCAST

Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,33 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,03 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,12 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste R27,41 per kg

B-klas beeste R23,21 per kg

C-klas vet koeie R22,55 per kg

Maer koeie wissel van R18,00 na R20,52 per kg

Slagbulle R24,57 per kg

Skape

Stoorlammers R50,66 per kg

Slaglammers R41,00 per kg

Stoorskape R33,03 per kg

Vetskape R32,07 per kg

Bokke

Lammers R49,80 per kg

Ooie R40,09 per kg


Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.