On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Styging in brandstofpryse nie goed vir die landbousektor, verbruiker nie

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 10 Aug 2021

Styging in brandstofpryse nie goed vir die landbousektor, verbruiker nie | News Article
FOTO: GROWINGPRODUCE.COM

Die onlangse styging in brandstofpryse is nie goed vir die landbousektor sowel as die verbruiker nie.

Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê hoër brandstofpryse kan ook potensiële droogtehulp vanaf die regering nadelig beïnvloed. 

Sien onderstaande PODCAST

Jansen se kommentaar volg nadat daar aangekondig is dat motoriste vanaf Woensdag 4 Augustus R18,20 sent per liter vir 95 oktaan loodvrye petrol sal begin betaal.

eNCA het berig dat hoër internasionale oliepryse en 'n aansienlik swakker Rand/Dollar wisselkoers die belangrikste dryfvere agter dié styging was. Beide grade petrol kos nou 91 sent meer per liter. Diesel het met 55 sent per liter gestyg, terwyl 'n liter paraffien met 50 sent gestyg het.

Jansen sê die styging in brandstofpryse het ‘n effek op die prys van verbruikers se kosmandjies en dat dié styging vanaf die waardeketting kom en nie van die primêre produsent nie.


Hoe hoër brandstofpryse die potensiële droogtehulp vanaf die regerig kan beïnvloed

Die Noord-, Oos-, en Wes-Kaap is in Julie vanjaar as rampdroogtegebiede verklaar. Landbou-organisasies in dié provinsies het hierdie aankondiging met ope arms verwelkom.

Jansen het aan OFM-nuus gesê dat hierdie 'n nasionale rampverklaring is wat toegepas kan word op die genoemde provinsies.

Dit beteken dat die distrikte in dié provinsies nie by magte is om die ramp te mitigeer en aan te spreek nie. Die provinsies moet dus nasionaal aansoek doen vir hulp om die droogteramp te help bestuur.

Jansen sê prakties behoort die provinsiale rampbestuur nou die nasionale Departement van Landbou te nader en te versoek om ‘n proses van stapel te stuur waar die geaffekteerde gebiede aansoek kan doen vir hulp.

“Die hulp wat in die vorm van droogtehulp van die regering kom ná ‘n rampverklaring, is nie kontant in die produsent se sak nie. Dit word aangebied ten opsigte van veevoer wat dan diere kos gee vir drie maande – 30 grootvee-eenhede is die formule wat gebruik word in hierdie verband. Met ander woorde hierdie voer moet vervoer word.

“Die hoeveelheid voer wat benodig word en wat met hierdie hulppakket aangebied kan word, moet by die rampgebiede uitkom. So, daar bly vervoerkoste deel van die pakkie.

“Die hulp is net [‘n sekere] bedrag en ‘n groter gedeelte gaan nou aan vervoer omdat dit duurder is om dit te vervoer. So, van dieselfde rand kom daar minder in die vorm van hulp by die boer uit,” verduidelik Jansen.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.