Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 11 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 64% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 64% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is beter as die vorige week se skatting van 63%, maar laer as die vorige jaar se 771 wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R1/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 351/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R16/ton hoër verhandel om teen R3 509/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 60% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 60% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week en swakker as die vorige jaar se 74% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R109/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 755/ton te sluit.
Koring:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 11% van die Amerikaanse lentekoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 11% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is beter as die vorige week se 10%, en aansienlik swakker as die vorige jaar se 69% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R10/ton hoër verhandel om teen R5 205/ton te sluit.
OFM-nuus
