On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 19 Aug 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

In Amerika is daar tans verskeie oesskattings aan die gang en die resultate hiervan sal 'n goeie idee gee rakende die verwagte opbrengs vir die seisoen.

Die verwagte mielie produksie vir die seisoen in Brasilië is afwaarts aangepas vanaf die vorige skatting. 

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R32/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 390/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R31/ton hoër verhandel om teen R3 560/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die oesskattings in die VSA toon tans dat die verwagte sojaboon opbrengste laer kan wees as wat aanvanklik verwag was.

Die Amerikaanse sojaboonmark bly steeds sterk met die laer as verwagte opbrengs, asook die groot internasionale vraag na sojabone.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R23/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 900/ton te sluit.


Koring:

Die verwagting is dat die internasionale koringproduksie vir die seisoen laer behoort te wees.

Die verwagting is dat van die grootste lande in die noordelike halfrond swakker lyk as wat aanvanklik verwag was.

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R27/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 350/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.