On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Lekker warm weer moontlik eers in Oktober hier

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 23 Aug 2021

Lekker warm weer moontlik eers in Oktober hier | News Article
Foto: www.irishnews.com

Weervooruitsigte toon dat ons moontlik eers in Oktober lekker warm weer sal begin ervaar.

Johan van den Berg, onafhanklike lanbouweerkundige, sê die koue is egter vir eers nog nie verby nie en hy waarsku boere oor die sterk winde wat verwag kan word.

Sien onderstaande PODCAST

Van den Berg sê vooruitsigte toon dat nagtemperature vir die volgende paar weke nog redelik laag gaan bly en dat lente-dag nog redelik koel gaan wees.

Die moontlikheid van reën word tydens die eerste paar dae van November oor gedeeltes van die Vrystaat sowel as die Oos- en Noord-Kaap voorspel.

Die Oos-Kaap, veral die suide kant van die berge, gaan nog baie lae temprature ervaar en ‘n moontlikheid van reën en selfs sneeu ontstaan in hierdie omgewing in die eerste week van September.

Hy waarsku veeboere om hulle vee teen die koue te beskerm.


Wegholveldbrande

Augustus word gewoonlik gekenmerk deur sterk winde en Van den Berg waarsku dat veldbrande nog ‘n groot risiko is weens ‘n oormaat brandmateriaal ná goeie reën aan die begin van die jaar.

Hy waarsku ook dat sterk winde hierdie week voor kan kom.

“As ons eers begin donderweer kry, dan gaan ons nog ‘n addisionele faktor hê waar die weerlig die veld aan die brand kan slaan,” voeg Van den Berg by.

“Die draai na die somer is gewoonlik vir my wanneer die nagtemperature konstant bo 12 grade Celsius bly, dan is die dagtemperature ook bokant 25 grade Celsuis. So, dit lyk of dit eers in Oktober se kant gaan gebeur,” verduidelik Van den Berg.

Sentraal Suid-Afrikaners kan ook uitsien na goeie somerreën wat moontlik in die tweede deel van Oktober en November kan voorkom.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.