On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Deel 2: Hoe skaapbrandsiekte oorgedra kan word

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 24 Aug 2021

Deel 2: Hoe skaapbrandsiekte oorgedra kan word | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

In deel twee van die bespreking oor skaapbrandsiekte, verskaf dr. Johan Cloete, tegniese veearts by MSD Dieregesondheid, nog wenke oor hoe om dié siekte hok te slaan.

Sien onderstaande PODCAST

Skaapbrandsiekte word veroorsaak deur parasiete wat hoofsaaklik in die wintermaande – van die herfseisoen tot in die lente - op skape voorkom want hulle hou daarvan om in wol weg te kruip.

Om skaapbrandsiekte te behandel het boere twee keuses, ‘n kontakdoder sowel as ‘n inspuitbare middel.

Hierdie middels is albei by korporasies regoor die land beskikbaar.

Cloete raai skaapboere aan, veral wanneer hulle met kontakdoders werk, om te sorg dat die skaap se ore, kloue en dele naby ramme se horings behoorlik behandel word.

Hy sê boere moet ook seker maak dat wanneer skape besproei word, of ‘n rugsak gebruik word of skape gedip word, dat hulle koppe behoorlik nat gemaak word sodat die middel die skaap se vel raak.

LEES: Deel 1: Wees op die uitkyk vir skaapbrandsiekte

Skaapbrandsiekte kan ook deur skeerspanne oorgedra word omdat die mikroskopiese klein myt of eiertjies, wat die velinfeksie veroorsaak, sowat 10 tot 14 dae buite die gunstige omgewing oorleef voordat hulle uitbroei. “Daai periode is ‘n baie belangrike periode want die eiertjies kan oorleef.

Dié siekte kan ook oorgedra word by veilingkrale. Hier kan skape kontak hê met mekaar en mekaar aansteek.

Vragmotors waarin skape vervoer word, is nóg ‘n manier hoe skaapbrandsiekte oorgedra kan word.

OFM-nuus het vroeër berig dat die inkoop van skape ook ‘n baie groot risiko is.

Hy het boere aangeraai om nuwe skape vir sowat twee tot drie weke in kwarantyn te plaas sodat hulle eers behandel word voordat hulle deel van die nuwe skaaptrop word.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.