Agri Hour
#WomensMonth: ‘Moenie bang wees vir 'n boerdery nie’─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 26 Aug 2021
Vrouemaand is amper op ‘n einde maar ons gaan steeds voort om vroue, wat op een of ander manier ‘n bydrae lewer tot landbou in sentraal Suid-Afrika, te vier.
Corné Swanepoel (60), ‘n vroueboer uit die Reivilo-omgewing in Noordwes, het met OFM-nuus gesels oor hoe sy begin boer het…
Sien onderstaande PODCAST
Swanepoel, wat voorheen deel van die korporatiewe wêreld was, moes haar pa se boerdery oorneem nadat hy agt jaar gelede oorlede is.
Sy vertel dat alhoewel sy op die plaas grootgeword het, sy nie daaraan gedink het om ooit te begin boer nie, maar moes weens omstandighede die leisels oorneem.
Swanepoel boer met Bonsmara-beeste waarvoor sy ‘n groot liefde het.
“Ek het baie respek gekry in die agt jaar vir vroue- en mansboere. Ek het nie een oomblik gevoel dat dit nie my plek is nie. [Die boere in die omgewing] het my aanvaar soos een van hulle,” verduidelik sy.
LEES: #WomensMonth: ‘Moenie toelaat dat jou ouderdom jou terughou nie’
Van die uitdagings wat Swanepoel ervaar, sluit in droogtes, brandstigting, onwettige jag met honde en veediefstal.
Sy deel verder dat hoewel vroue nie oor die fisiese krag beskik wat mans het nie, is daar maniere hoe hierdie ‘tekort’ deur ander aangevul kan word, soos die werkers op die plaas.
Daarmee saam sê sy om ‘n suksesvolle boerdery te bestuur, benodig jy ook ‘n rekenmeester en ‘n veearts.
Haar boodskap aan vroue is, “moenie bang wees vir boerdery nie. Ek sou ook nie sommer net uit my eie uit geboer het nie.
“Ja, jy skrik maar vir die uitdagings van boerdery, maar soos ek wat in die diepkant ingegooi is, dan sien jy dit is ‘n besigheid soos enige ander besigheid,” sluit sy af.
OFM-nuus
