On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#WomensMonth: ‘Moenie toelaat dat jou ouderdom jou terughou nie’

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 18 Aug 2021

#WomensMonth: ‘Moenie toelaat dat jou ouderdom jou terughou nie’ | News Article
FOTO: REBECCA LEBONA

Ons vier steeds vroue in landbou as deel van Vrouemaand.

Dié keer praat OFM-nuus se Elsabé Richard met die 68-jarige Rebecca Lebona, ‘n boer in die Kimberley-omgewing in die Noord-Kaap. Rebecca is nog vol energie en pak self plaaswerk aan. 

Sien onderstaande PODCAST

Lebona het reeds in die jaar 2000 haar boerdery begin toe haar man vir haar ‘n bees gekoop het en haar daarmee verras het. Sy vertel dat sy onmiddellik lief vir die dier geword het en nou besit sy meer as 32 beeste, 60 skape en 23 bokke.

Maar nes enige ander boer, staar Lebona daagliks verskeie uitdagings in die gesig. Van hierdie uitdagings sluit in veediefstal wat enige boer se sak nadelig beïnvloed. Nog uitdagings is veldbrande en koue. Sy deel dat sy die afgelope naweek weens baie koue toestande, wat met reën in die omgewing gepaard gegaan het, 12 van haar skape verloor het.

LEES: #WomensMonth: Ons vier vroue in landbou

Sy en nege ander boere besit krale by die John West-meentplaas waar hulle hul diere aanhou.


Haar boodskap aan vroue

Lebona se boodskap aan vroue is dat hulle nie moet toelaat dat ouderdom hulle terughou of onderkry nie. Sy gebruik haarself as voorbeeld en sê boerdery hou haar jonk en gesond.

Sy sê boerdery is baie jare terug gekenmerk as iets wat net mans aanpak, maar sy sê dat dinge nou verander het en meer vroue ook nou boer.

Lebona sluit af deur te sê veral jong vroue moet dit oorweeg om deel te word van landbou en by te dra tot die land, of selfs hulle plaaslike gemeenskap se voedelsekerheid.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.