On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 31 Aug 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.   

Die druk op die Amerikaanse mieliemark kan grootliks toegeskryf word aan die reën wat voorgekom het en die stroopproses wat in die VSA begin. 

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.    

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R55/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 216/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R56/ton laer verhandel om teen R3 395/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het ongeveer 4% laer verhandel vir die dag.

Die druk op die Amerikaanse sojaboonmark kan grootliks toegeskryf word aan die beter weerstoestande wat positief is vir die produksieverwagtinge.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember2021, R74/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 770/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.  

Die druk op die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel-effek vanaf ander kommoditeite. 

Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander hoër verhandel het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R36/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 460/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.