On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

#WomensMonth: ‘Jy kan!’ is Sussex-boer se boodskap aan vroue

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 31 Aug 2021

#WomensMonth: ‘Jy kan!’ is Sussex-boer se boodskap aan vroue | News Article
FOTO: VERSKAF

Vandag is die laaste dag van Vrouemaand en ter viering hiervan gesels OFM-nuus se Elsabé Richard met Erina Cillié, ‘n Sussex-boer uit die Vrystaat.

Sien onderstaande PODCAST

Cillié is gebore in Bloemfontein en het hier grootgeword. Haar pa was ‘n deeltydse boer en so het haar liefde vir diere en boerdery ontstaan.

Sy boer reeds van kleins af langs haar pa en beskryf dit as ‘n groot voorreg.

Omdat sy ‘n groot liefde en passie vir diere het, het sy gedroom om ‘n veearts te word, maar het daarteen besluit toe almal haar oortuig het dat dit nie ‘n beroep vir ‘n vrou is nie.

“Maar op die ou einde het ek tog op die plaas opgeëindig met ‘n lang pad wat ek gestap het,” vertel sy.

LEES: #WomensMonth: ‘Moenie toelaat dat jou ouderdom jou terughou nie’

LEES: Begin jou eie boerdery, moedig NK-skaapboer vroue aan

Haar boodskap aan vroue

“My boodskap aan vroue is dat jy nooit moet moed opgee nie. My ma het drie dogters grootgemaak en ek kan haar stem steeds in my ore hoor. Haar woorde is: ‘Jy kan!’

“En ek wil net vir jou sê as dit jou droom is, jaag dit met alles wat jy in jou het en moet nooit ophou om dit te jaag nie. 

“Moet nooit opgee nie want jou geslag bepaal nie wat jy kan bereik in jou lewe nie. Dit wat in jou hart is en dit wat jy in jou kop het, is wat jou vorentoe sal dryf om jou sukses te bereik.”



OFM-nuus

 




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.