Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 03 Sep 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind nadat dit vroeër onder druk was weens die impak van orkaan Ida.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope was minder as die helfte van die gemiddelde handelsverwagtinge vir die week.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 047/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R93/ton laer verhandel om teen R3 225/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die Amerikaanse sojaboonmark het ondersteuning gevind nadat daar groot uitvoerverkope aan China gerapporteer is.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R76/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 480/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel-effek vanaf ander kommoditeite.
Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander hoër verhandel het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R25/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 360/ton te sluit.
OFM-nuus
