On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 06 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag. 

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverskepings was 48% laer as die vorige vier weke se gemiddelde uitvoerverskepings. 

Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.    

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R3/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 054/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R8/ton hoër verhandel om teen R3 238/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die ondersteuning aan die Amerikaanse sojaboonmark kan toegeskryf word aan goeie uitvoerverkope wat gerapporteer is. Dit is vir lewering aan China. 

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R94/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 564/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.  

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverskepings was 27% laer as die vorige 4 weke se gemiddelde uitvoerverskepings.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is..

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R84/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 439/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.