On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Nuwe nasionale RPO-voorsitter praat oor planne, uitdagings

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 07 Sep 2021

Nuwe nasionale RPO-voorsitter praat oor planne, uitdagings | News Article
FOTO: Sabrina Dean

Werklike vennootskappe moet gevorm word om langtermyn-oplossings vir die rooivleisbedryf, en vir landbou in die algemeen, daar te stel.

Dit is volgens James Faber, wat gedurende die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se 28ste jaarkongres as die organisasie se nuwe nasionale voorsitter verkies is. 

Sien onderstaande PODCAST

Faber deel verder dat daar 'n paar punte in die bedryf is wat aangespreek moet word. Van hierdie punte sluit in dat daar groter eenheid binne die landbou-familie moet wees.

Verder sê hy is dit belangrik dat die regering en die bedyf hande moet vat om oplossings vir dieresiektes soos bek-en-klouseer, wat in Mei in KwaZulu-Natal uitgebreek het, daar te stel wat sal verseker dat hierdie siektes onder beheer gekry word.

Naspeurbaarheid sowel as uitvoerontwikkeling is nóg twee kwessies waaraan gewerk moet word, sê Faber.

In terme van hoe dit tans in die bedryf gaan sê Faber prysgewys gaan dit baie goed. Produsente kry redelike pryse vir rooivleis wat hulle bemark.

LEES: Opskort van lewendehawe veilings bring talle uitdagings

“Maar ons moet ook verstaan dat hierdie ‘n simptoom is van ‘n droogte wat vee kuddes baie uitgedun het. So, ons moet ook weet dat daar nog baie produsente is wie se getalle nie [herstel het] nie en waar hulle nog probeer om in ‘n kudde-bou fase te gaan,” verduidelik Faber.

‘n Groot bekommernis vir die bedryf is om produsente volhoubaar op hulle plase te hou.

Faber sê deel van die organisasie se strategie vir die toekoms is om jong produsente te vestig en te mentor om volhoubaar te kan boer en landbou weer ‘n beroep van keuse te maak.

“Vir baie lang jare was landbou die swart skaap, waar dit glad nie die beroep van keuse was nie. Ek sien soveel geleentheid en potensiaal, veral in ons rooivleisbedryf, om in die toekoms dit weer deel te maak van ‘n sterk landbou-omgewing waarin ons produseer en voedselveiligheid binne ons land kan verseker om genoeg proteïene daar te stel vir ‘n groeiende bevolking.”




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.