On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

NK-boer praat oor die gebruik van tegnologie, selfgemaakte veelekke

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 08 Sep 2021

NK-boer praat oor die gebruik van tegnologie, selfgemaakte veelekke | News Article
Foto: Berdine Kraphol

Die gebruik van tegnologie hou verskeie voordele vir boere in, van vinnige inligting op die internet opspoor tot die nuutste masjinerie.

Berdine Krapohl, ‘n vroueboer uit die Strydenburg/Hopetown-omgewing in die Noord-Kaap, sê hulle het begin wegbeweeg van ou boerderypraktyke en maak ook gebruik van tegnologie om hulle boerdery volhoubaar te bestuur. 

Daarmee saam raai sy ook boere aan om hulle eie veelekke te maak omdat hulle beheer sal hê oor wat alles daarin gaan. 

Sien onderstaande PODCAST

Krapohl, haar man en skoonma boer hoofsaaklik met Dorper-skape en Bonsmara-beeste. Sy bestuur die boerdery terwyl haar man en skoonma hulle besigheid bestuur.

Sy deel dat hulle hulle boerderystrukture baie gedurende die laaste drie jaar verander het en dat hulle nou die vrugte van hierdie besluit begin pluk.

LEES: FS Agriculture helps farmers to combat stock theft

“Toe ons hier gekom het, was hier ‘n redelike ouer gemeenskap gewees en ons het hulle raad gevolg. Maar hier is [ook] jongboere wat baie vooruitstrewend is en baie innoverend is en toe ons eers begin sien hoe hulle dinge doen, en by hulle idees kry, loop dinge bietjie gladder. Jou lamseisoene kan sinchroniseer en [tegnologie] vat ook baie van jou ongedierte-probleme weg.”


Veelekke en voer

Krapohl sê hulle maak ook hulle eie veelekke en gebruik ‘n hammermeuel en voermengers om die mengsel aan te maak. Konsentrate word by OVK aangekoop terwyl die mielies en lusern by medeboere of nabygeleë silo’s gekoop word.

Sy verduidelik die voordeel daarvan om jou eie veelekke en voer te maak is dat jy beheer het oor alles wat daarin gaan. Hulle kan ook bepaal hoe hulle diere presteer.

“Ons het ‘n baie klein voerkraaltjie, maar vandat ons ons eie voer maak, groei ons lammers teen 300g ‘n dag. Toe ons ons voer ingekoop het, het [ons lammers] teen 250g of dalk 300g ‘n dag gegroei.”

Daarmee saam het hulle gevind dat die kondisie van skape verbeter het weens die gereelde verskaffing van die lekmengsel. Sy sê die skape het ook meer tweelinge voortgebring.

Krapohl voeg verder by dat ’n lek ‘n goeie aanduiding is van hoe jou veld lyk. So, hoe meer daar van die lek geëet word, hoe groter is die aanduiding dat die diere nie meer nie nodige voedingstowwe van die veld kry nie. Wanneer dit gebeur, sal dit goed wees om diere na ‘n ander kamp toe te skuif of om ‘n ander plan te maak.

LEES: Complementary supplementation for cattle throughout the year

Verder is haar boodskap aan medevroue om nie bang te wees om te leer en te eksperimenteer nie. Sy sê mense is redelik vrygewig met raad en daarom moet vroue nie skroom om boere vir raad te vra nie of om die internet te gebruik nie.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.