On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 09 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Let asb daarop dat hierdie verslag Woensdag 8 September s'n is.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was ongeveer die helfte van die vorige week se uitvoer.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R5/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 054/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R5/ton hoër verhandel om teen R3 231/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies was 82% laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R13/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 585/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die Amerikaanse koring-uitvoerinspeksies was hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel vir die dag met van die kontrakte wat onder druk gekom het terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R4/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 448/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.