On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 17 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag. 

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope was teleurstellend en dit het druk op die Amerikaanse mark geplaas.    

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies. 

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R85/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 225/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R98/ton hoër verhandel om teen R3 387/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister in 'n 17 sent bandwydte verhandel met vraagstukke rondom die tempo van Amerikaanse uitvoer. 

Die weeklikse uitvoerverkope was nader aan die bopunt van die weeklikse handelsverwagtinge.  

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R138/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 780/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag. 

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope van koring was positief, wat ondersteuning aan die mark gebied het.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R61/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 509/ton te sluit.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.