Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 22 Sep 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 59% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 59% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is beter as die vorige week se skatting en laer as die vorige jaar se 61% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021, R37/ton laer verhandel om teen R3 209/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R33/ton laer verhandel om teen R3 374/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 58% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 58% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is beter as die vorige week se skatting en laer as die vorige jaar se 63% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R78/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 640/ton te sluit.
Koring:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 58% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.
Die 58% wat reeds geplant is, is meer as die vorige seisoen se 48% en ook meer as die 5 jaar gemiddeld van 47% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R28/ton laer verhandel om teen R5 460/ton te sluit.
OFM-nuus
