Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 23 Sep 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1.5% hoër verhandel vir die dag.
Die verwagting is dat Brasilië se mielie-uitvoer gedurende September 5% laer behoort te wees as die vorige seisoen se uitvoer.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R8/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 216/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R12/ton hoër verhandel om teen R3 384/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die verwagting is dat Brasilië se sojaboon-uitvoer gedurende September 4.3% hoër behoort te wees as die vorige skatting.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R40/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 660/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het hoër verhandel vir die dag.
Die verwagting is dat Kanada se koringproduksie 6% laer behoort te wees as die vorige skatting.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R7/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 464/ton te sluit.
OFM-nuus
