On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 29 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 59% van die Amerikaanse mielies in ? goeie tot uitstekende toestand.

Die 59% wat in ? goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting en laer as die vorige jaar se 61% wat in ? goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021, R18/ton hoër verhandel om teen R3 310/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R32/ton hoër verhandel om teen R3 490/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 58% van die Amerikaanse sojabone in ? goeie tot uitstekende toestand.

Die 58% wat in ? goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting en laer as die vorige jaar se 64% wat in ? goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R14/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 770/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 34% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 34% wat reeds geplant is, is meer as die vorige seisoen se 33% en ook meer as die 5 jaar gemiddeld van 32% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R17/ton laer verhandel om teen R5 555/ton te sluit.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.