On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

100 000 hektaar weiveld in NK-brande verwoes

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 29 Sep 2021

100 000 hektaar weiveld in NK-brande verwoes | News Article
Foto: Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging

Sowat 100 000 hektaar weiveld is gedurende die afgelope langnaweek in die Noord-Kaap verwoes.

Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap.

See PODCAST below

Jansen sê twee groot veldbrande het in dele van die provinsie verwoesting gesaai. Dié veldbrande is tans onder beheer maar brandbestrydingspanne en boere monitor die situasie.

Volgens Jansen het die eerste groot brand by Salt Lake ontstaan. Hy deel dat die sterk winde wat Maandag geheers het daartoe gelei het dat die vlamme tot by die N12 in 'n oostelike rigting versprei.

Die tweede veldbrand het langs die Schmidtsdrift en Kimberley-pad ontstaan en het na onder meer Langberg en Magersfontein versprei, waarna dit na die N8 tussen Kimberley en Bloemfontein versprei het.

Van die boere het tot 90% van hulle plase verloor.

Een van die grootste behoeftes tans in gebiede wat deur wegholveldbrande geraak is, wat onmiddelik aangespreek moet word, is veevoer. Jansen sê dit sal geaffekteerde boere in staat stel om besluite te neem oor hoe om hulle diere op 'n langer en volhoubare manier te skuif. 

LEES: DBV help diere in brand geteisterde provinsie 

OFM-nuus het vroeër berig dat meer as 350 000 hektaar weiveld gedurende die afgelope twee maande in die Noord-Kaap verwoes is.

“Dit is nie brande of omvang van brande wat die Noord-Kaap ken nie… Dit is nie normale risiko en veldbrandpatrone wat [in die provinsie] voorkom nie. Dit is werklik nie normaal vir die Noord-Kaap nie,” deel Jansen.

Verder het Agri Noord-Kaap intussen R20 000 beskikbaar gestel om veeartse by te staan om beseerde diere wat in die brande beseer is te behandel. 

Indien jy skenkings wil maak aan boere wat in sentraal-Suid-Afrika deur wegholveldbrande geraak is, besoek Agri Nood-Kaap, Vrystaat Landbou en Agri Noordwes se webtuistes vir meer inligting.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.