Agri Hour
Afname in SA wolmark toegeskryf aan verswakking in Australiese wolmark─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 01 Oct 2021
Die afname in die Suid-Afrikaanse wolmark vandeesweek kan grootliks toegeskryf word aan die verswakking in die Australiese wolmark. Volgens Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, het nie-gesertifiseerde wol onder druk verkeer.
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê daar is ‘n moontlik dat dit in die korttermyn so gaan bly.
Verder is wol wat in die makelaars se pakhuise hierdie week ontvang is, 8,7% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.
Victor verduidelik dat een van die redes hiervoor die laer ontvangs is, wat die gevolg kan wees van die erge koue wat die afgelope weke ondervind is in groot produksiegebiede, en skeertye wat dus aangepas moes word.
Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses.
Die volgende veiling is dan geskeduleer vir 06 Oktober 2021.
OFM-nuus
